WhatsApp Groep Riglyne

Groepdoel: Hierdie groep is uitsluitlik vir jagondernemers en bedryfspersoneel om te netwerk, kennis te deel, en die jagbedryf te bevorder.

Vrywaring: Die admin aanvaar geen aanspreeklikheid vir plasings of aksies van lede nie. Alle inhoud is die verantwoordelikheid van die plaser.

Privaatheid:

  1. Lede se besonderhede (soos nommers) is sigbaar en mag nie misbruik word nie.
  2. Deel of neem skermskote van groepinhoud sonder die plaser se toestemming is verbode.

Riglyne:

  1. Tydsbeperkings: Geen boodskappe tussen 22:00 en 06:00, behalwe in noodgevalle of tydens bemarkingseisoene.
  2. Privaat gesprekke: Hanteer persoonlike sake en antwoorde op versoeke direk via privaat boodskappe, tensy dit die hele groep raak.
  3. Taal en respek: Handhaaf professionele en respekvolle taalgebruik teenoor alle lede. Geen persoonlike aanvalle – speel die bal, nie die man.
  4. Nuwe lede: Nuwe toevoegings benodig ‘n sekondant. Enige objeksies kan privaat aan die admin gestuur word. Twee geldige objeksies is gronde vir toelatingsweiering.
  5. Groepfokus: Die groep is vir aktiewe jagondernemers. Uitsonderings vir industrie-rolspelers mag admin-goedkeuring vereis.
  6. Humor en ligte gesels: Hou grappies en humor skoon en relevant tot die bedryf. Dit is ‘n industrie-groep, nie ‘n sosiale geselsgroep nie.
  7. Ongepaste gedrag: Rapporteer enige lid wat die bedryf of groep in diskrediet bring. Oortreders sal na twee klagtes of waarskuwings verwyder word.
  8. Identiteit: Gebruik ‘n WhatsApp-profielnaam wat jou volle naam en van wys, sodat lede jou kan identifiseer.
  9. Wildbemarking: Bemark slegs eie wild of dienste. Geen bemarking vir middelmanne of irrelevante aanbiedinge nie.
  10. Advertensies: Die groep is nie vir algemene advertensies nie. Slegs bedryfsrelevante advertensies word admin-goedgekeur.

Baie dankie vir julle samewerking en ondersteuning. Kom ons bou saam aan ‘n sterker jagbedryf.